Die 1%-Klub kom binnekort na kykNET!Die 1%-klub is ’n splinternuwe vasvraprogram waar 100 deelnemers die kans kry om hul breinkrag behoorlik op die proef te stel. Dit gaan nie oor wat jy op skool geleer het of jou vermoë om feite te memoriseer nie – die vrae in hierdie program is gemik op logika, raaisels en kopkrappers! Enigiemand wat tot die einde kan deurdring en ’n vraag reg beantwoord wat slegs 1% van Suid-Afrika korrek gekry het, kan tot en met R100,000.00 wen.Jy kan ook saam met ’n vriend of familielid aansoek doen! Maak net seker julle voltooi afsonderlike aansoekvorms en dui daarop aan saam met wie jy inskryf. Indien julle gekies word, sal julle egter steeds as individue teen mekaar speel.DIE PROSESSodra jou aansoek hersien is en ons keurpaneel jou vir die program wil oorweeg, sal jy ’n e-pos met die volgende stappe ontvang.Daar is twee moontlike roetes:
Hierdie is 'n paar vrae om bietjie meer uit te vind oor jou.
Neem 'n kort video op waarin jy vir ons sê hoekom jy die 1%-klub sal wen!
Klik op "Dien in" om jou aansoekvorm te laai.